WAT ONS DOEN
Herstel Is Ons Roeping
Refuah bring professionele, Christus-gesentreerde berading na skole, gemeentes en individue. Elke diens hieronder is ’n selfstandige aanbod — aanpasbaar, vertroulik en gegrond in die Woord.
Kontak ons om te bespreek watter dienste die beste by jou konteks pas.
VIR
Individie
VIR
Huwelike
Ons staan by paartjies deur elke fase van die huwelik — van voorbereiding, tot die troue self, tot herstel wanneer dit nodig is. Ons glo die huwelik is ‘n heilige verbond, en ons voorreg is om Christus-gesentreerde begeleiding te bied wat op Christus se liefde gegrond is.
VIR
Kerke
Refuah werk saam met jou gemeente om ’n ruimte te skep waar mense werklik heel kan word — deur Christus-gesentreerde berading, opleiding en vennootskap.
Ons ondersteun jeugpastors, leiers en gesinne met praktiese hulpmiddels en ’n hart vir herstel — gegrond in die Woord.
VIR
Skole
Christus-gesentreerde berading direk na jou skool — sodat elke leerder toegang het tot ware hoop, identiteit en heelwording. Ons werk hand-aan-hand met onderwysers, ouers en skoolleierskap om ‘n veilige, vertroulike ruimte te skep waar leerders kan floreer.
AL ONS DIENSTE
Elkeen ’N Selfstandige Diens
Kies die dienste wat by jou skool, gemeente of individu pas — of kombineer hulle vir ’n volledige program.
Huweliksberading
Veilige, genadige begeleiding vir getroude paartjies wat werk aan kommunikasie-, vertrouens- of geestelike breuke. Ons help julle om jul huwelik te herbou op die fondament van Christus.
Huweliksvoorbereiding
Ons help paartjies wat op die drumpel van die huwelik staan om reg te begin, deur eerlike gesprekke oor verwagtinge en geloof. Bou 'n fondament wat julle huwelik van die begin af laat gedy.
huweliksbevestiging
Ons voorreg om julle troue te verrig - 'n seremonie wat julle verbond voor God, familie en gemeenskap heilig bevestig, met sorg beplan om julle unieke verhaal te weerspieël.
Inspirerende Toesprake
Dinamiese aanbiedings vir leerders of personeel oor identiteit, lewensdoel en die krag van volharding in geloof.
Doop
Die begin van ’n splinternuwe lewe — ’n heilige oomblik wat ons saam met jou voorberei, vier en verder begelei.
Individuele Leerderberading
Een-tot-een sessies vir leerders — verwysing deur onderwyser of self-verwysing. Vertroulik en professioneel.
Groepsessies & Berading
Sessies oor angs, depressie en portuurdruk, geanker in hoop en leerders se ware identiteit in Christus.
Oueropleiding
Oueropleidingsessies — hoe ondersteun ek my tiener? Praktiese hulpmiddels vir ouers van leerders.
Onderwyseropleiding
Identifisering van kwesbare leerders en sinvolle ingryping — toerusting vir onderwysers en skoolpersoneel.
Jeugberadingsbediening
Vennootskap met jeugpastors — Christus-gesentreerde berading ingebed in die gemeente se jeugprogram.
Pa & Seun / Pa & Dogter
Mansbediening en vader-kind dialoog — vir dieper verbinding, begrip en herstel tussen pa en kind.
Huweliksberading
Veilige, vertroulike huweliksberading gegrond in Christus — vir pare wat hul verhouding wil versterk of herstel.
Identiteitswerkswinkel
“Wie is ek in Christus?” — identiteits- en roepeningswerkswinkels vir jongmense en volwassenes.
Ouer-en-tiener Dialoog
Dialoogsessies wat brug bou tussen ouers en tieners — gesonde kommunikasie en begrip.
Aanlyn Berading
Sessies via Zoom of Teams — vir leerders, gemeentelede of individue buite die omgewing.
KOM ONS GESELS
Kom Ons Begin Die Gesprek
Willie Neethling
Tel: 082 387 7457
E-pos: willie@refuah.co.za
