Refuah Christelike & Pastorale Berading

Jou Hart Het ’n Ritme. Kom Ons Vind Dit Weer.

ONS PILARE

Willie Neethling

CHRISTUS-GESENTREERDE BERADER & IDENTITEITS-AFRIGTER

Gestig deur ’n passievolle, toegewyde berader met ’n Honneursgraad in Teologie en Bediening, met kundigheid en opleiding in traumasensitiewe berading en aktief betrokke by gesins- en jeugwerk. Met ’n absolute passie en liefde vir Jesus Christus en Sy Woord, gedryf deur ’n Roeping en Mandaat om te herstel en op te bou, stap hy met praktiese ervaring saam met mense op hul reis na heelwording in Christus — gelei deur die Heilige Gees.

"Jou hart het ’n ritme. Kom ons vind dit weer."

ONS PILARE

Ons Kernwaardes en Onderliggende Waardes

I

EERSTE WAARDE

Herstel

Elke persoon kan genesing ontvang, ongeag die verlede. Ons glo geen hart is te gebroke om heel te word nie — God is die Groot Geneesheer.

II

TWEEDE WAARDE

Identiteit

Ware selfwaarde is gegrond in wie jy is in Christus. Ons help mense om hul ware identiteit te ontdek — nie in prestasie of goedkeuring nie, maar in Hom.

III

DERDE WAARDE

Roeping

God het elke mens met ‘n unieke, onvervangbare doel geskep. Ons rus mense toe om hul Goddelike opdrag te ontdek en met moed te leef.

IV

VIERDE WAARDE
Genade & Liefde

Ons bedien met medelye en onvoorwaardelike liefde — soos Christus ons liefhet.

V

VYFDE WAARDE
Vertroulikheid

‘n Veilige en betroubare ruimte vir elke kliënt — waar harte oop kan wees.

VI

SESDE WAARDE
Integriteit

Professionele en etiese praktyk in alle omstandighede — woord en daad in lyn.

VII

SEWENDE WAARDE
Eenheid

Ons glo in die herstelkrag van gesonde verhoudings — saam is ons sterker.

VIR

Individie

By Refuah glo ons dat elke mens se storie uniek is. Of jy worstel met angs, verlies, verhoudings of net rigting soek, ons stap saam met jou in n ruimte van genade, sonder oordeel. Jou heling ontvou teen jou eie pas, gedra deur Christus se liefde en deur begeleiding wat by jou hart aanpas.

VIR

Skole

Christus-gesentreerde berading direk na jou skool — sodat elke leerder toegang het tot ware hoop, identiteit en heelwording. Ons werk hand-aan-hand met onderwysers, ouers en skoolleierskap om ‘n veilige, vertroulike ruimte te skep waar leerders kan floreer.

VIR

Kerke

Refuah werk saam met jou gemeente om ’n ruimte te skep waar mense werklik heel kan word — deur Christus-gesentreerde berading, opleiding en vennootskap.

Ons ondersteun jeugpastors, leiers en gesinne met praktiese hulpmiddels en ’n hart vir herstel — gegrond in die Woord.

Impak & Getuienisse

Ek het as man ’n een-tot-een sessie met Willie gehad ’n paar weke gelede, en dit was vir my baie waardevol. Hy het met wysheid en insig, gegrond op die Woord, raad gegee oor areas waarin ek tekortskiet en waaraan ek kan werk. Dit was glad nie veroordelend nie, maar eerder opbouend, genadig en bemoedigend. Dit was ’n besonder insiggewende sessie waarin ek gemaklik en veilig gevoel het om persoonlike en privaat dinge te deel. Ek het daar weggestap met nuwe perspektief, hoop en bemoediging, en ek sien opreg uit na die volgende sessie.
Gawie
Ek wil net sê dat die ervaring wat ek met oom Willie gehad het, ongelooflik was. Ek het gesukkel met my emosies en gevoel dat ek alleen was, totdat oom Willie vir my gewys het dat ek nie alleen is nie. Hy is vir my soos ’n vriend vir wie ek enigiets kon sê, sonder om geoordeel te word, maar eerder gehelp te word.Hy het ook my verhouding met my familie en met die Here verbeter in alle opsigte. Ek stel oom Willie beslis voor, want hy is ongelooflik goed in wat hy doen.
Adriaan
KOM ONS GESELS

Kom Ons Begin Die Gesprek

Gesels gerus met ons. Vul die vorm in en ons sal so gou moontlik by jou terugkom – of kontak Willie direk op die gegewe kontak nommer.

Willie Neethling
Tel: 082 387 7457
E-pos: willie@refuah.co.za

Kontak Ons
Ons Vennote

Bou saam met ons

WhatsApp Image 2026-05-17 at 14.57.36 (1)