ONS BEDIENING

Waar Ons Die Gemeente Ontmoet

Refuah werk saam met jou gemeente om ’n ruimte te skep waar mense werklik heel kan word — deur Christus-gesentreerde berading, opleiding en vennootskap.

Ons ondersteun jeugpastors, leiers en gesinne met praktiese hulpmiddels en ’n hart vir herstel — gegrond in die Woord.

ONS BEDIENING

Wat Bied Ons Aan Kerke?

Vyf geïntegreerde bedieningsprogramme — aanpasbaar vir jou gemeente se konteks.

01

Jeugberadingsbediening

Vennootskap met jeugpastors — berading ingebed in die gemeente se jeugprogram.

02

Pa & Seun / Pa & Dogter

Mansbediening en vader-kind dialoog ingebed in die gemeenteprogram — vir dieper verbinding.

03

Huweliksberading

Huweliksberadingsprogram vir gemeentepare — veilig, vertroulik en gegrond in Christus.

04

Identiteitswerkswinkel

“Wie is ek in Christus?” — identiteits- en roepeningswerkswinkels vir jongmense en volwassenes.

05

Ouer-en-tiener Dialoog

Dialoogsessies wat brug bou tussen ouers en tieners — gesonde kommunikasie en begrip.

06

Aanlyn Berading

Sessies via Zoom of Teams — vir gemeentelede buite die gebied.

DIE PAD

Hoe Werk Dit? — Ons Proses

Van eerste kontak tot volhoubare vennootskap.

I

Kennismaking

Ons ontmoet die predikant of jeugpastor om behoeftes te verstaan.

II

Aanbieding

Ons bied ‘n gepaste program aan — aangepas vir jou gemeente se konteks.

III

Werkswinkel

‘n demonstrasie werkswinkel sodat leerders en personeel ons leer ken.

IV

Vennootskap

Formele ondertekening — vertroulikheid, VGT-beleid, en programskedule.

V

Program Begin

Gereelde sessies, werkswinkels en opvolg — ons is deel van jou gemeente.

Ons Vennote

Kerke Wat Ons Bedien Het

KOM ONS GESELS

Kom Ons Begin Die Gesprek

Gesels gerus met ons. Vul die vorm in en ons sal so gou moontlik by jou terugkom – of kontak Willie direk op die gegewe kontak nommer.
Willie Neethling
Tel: 082 387 7457
E-pos: willie@refuah.co.za
Kontak Ons - Kerke