ONS NAAM

Refuah

Refuah” (רְפואָה) is Hebreeus vir “herstel” of “genesing” — ‘n kragtige herinnering dat God die Groot Geneesheer is en dat geen hart te gebroke is om heel te word nie.

ONS MANDAAT

Refuah is nie bloot ‘n diens nie — dit is ‘n roeping. ‘n Mandaat wat uit Jesus Christus se hart vloei: om mense lief te hê, hulle na Hom te lei, en te vertrou dat Hy alleen die Een is wat herstel bring.

ONS PILARE

Willie Neethling

CHRISTUS-GESENTREERDE BERADER & IDENTITEITS-AFRIGTER

Gestig deur ’n passievolle, toegewyde berader met ’n Honneursgraad in Teologie en Bediening, met kundigheid en opleiding in traumasensitiewe berading en aktief betrokke by gesins- en jeugwerk. Met ’n absolute passie en liefde vir Jesus Christus en Sy Woord, gedryf deur ’n Roeping en Mandaat om te herstel en op te bou, stap hy met praktiese ervaring saam met mense op hul reis na heelwording in Christus — gelei deur die Heilige Gees.

"Jou hart het ’n ritme. Kom ons vind dit weer."

ONS HART

Ons Missie & Visie

MISSIE

Om elke gebroke hart ‘n veilige, Christus-gesentreerde tuiste te bied — waar werklike herstel nie net moontlik is nie, maar onvermydelik word. Ons loop saam met mense deur die donkerte, lei hulle na hul ware identiteit in Jesus Christus, en rus hulle toe om opgerig te leef.

VISIE

‘n Toonaangewende beradingsbediening wat lewens transformeer, gesinne herstel, en ‘n nuwe generasie voortbring — heel, gegrond in Christus, en doelgerig.

"Hy het my gestuur om gebrokenes van hart te verbind…" — Jesaja 61:1

KOM ONS GESELS

Kom Ons Begin Die Gesprek

Gesels gerus met ons. Vul die vorm in en ons sal so gou moontlik by jou terugkom – of kontak Willie direk op die gegewe kontak nommer.

Willie Neethling
Tel: 082 387 7457
E-pos: willie@refuah.co.za

Kontak Ons